Rami Nazzal, ’n Palestynse joernalis, het joernaliste na die Al-Am’ari-vlugteling-kamp in Ramallah in die Wesoewer geneem.
Baie families woon al vir generasies daar.
In 1948, tydens die oorlog wat rondom die stigting van die Staat Israel afgespeel het, het meer as 700 000 Palestyne uit hul huise gevlug, of is verdryf.
Vir baie Jode was Israel ná die Joodse volksmoord ’n plek van veiligheid en selfbeskikking. Vir Palestyne was 1948 die “Nakba”, die katastrofe van verlies en ontheemding.
- Lees Jana Marx se volledige berig vanuit Jerusalem oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
- Jana Marx se reis na Israel en die Wesoewer namens Die Papier is deur die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes moontlik gemaak.
