swym (bet. 1)
s.nw. (verhewe; verouderd)
1a. Toestand of gevoel van ekstase of euforie: Ek is na die kopvelmassering in ’n swym van Janna af weg, net toe die soel windstoot uit die weste die weersverandering aankondig (G. Weideman: Onderskepper, 1997, 171).
b. Toestand of gevoel van oorbluftheid waarin ’n mens nie tot onmiddellike reaksie in staat is nie: Hanna staan hulle magteloos en aangaap, vasgevang in ’n swym, nie in staat om weg te draai nie (A.P. Brink: Stilte, 2002, 183).
