VRK: Kanniedood-Connacht? Lions keer Iere op Ellispark

Lions-losskakel Chris Smith.
Lions-losskakel Chris Smith. Foto: Gallo Images.

Om ’n Lions-ondersteuner te wees, is ’n wille wipwaentjierit. Daar is nog altyd die geloof dat dié span in die Verenigde Rugbykampioenskap-uitkloprondes móét speel.

12de op die puntelys in die eerste seisoen, negende in die tweede en derde seisoen en verlede jaar het hulle weer tot 11de op die puntelys teruggesak.

Nié vanjaar nie. Ja, daar is nog twee wedstryde in die groeprondes oor, maar selfs met ’n baie kompeterende topagt, lyk dit baie belowend dat die Lions hul eerste vier seisoene in die VRK behoorlik agter hulle kan sit. Dié span kán!

Hoewel die Lions 33-21 gewen, en vyf drieë gedruk het, is dit hul werksverrigting op die verdediging wat Saterdagmiddag die hart van die span die duidelikste gewys het.

Connacht het 69% van die balbesit gehad, en dit boonop vir 60% van die tyd in die Lions se kant van die veld, maar moes met slegs drie drieë gelukkig wees. Dus kon slegs die Lions ’n bonuspunt uit die wedstryd neem.

Die Lions is ná hul wedstryd derde op die puntelys, maar dit kan nog in hierdie ronde verander met Munster wat teen Ulster moet kragte meet en Leinster wat vir Benetton aanpak.

Die pad tot die uitkloprondes gaan egter nie maklik wees nie. Die Lions sal volgende in Ierland teen Leinster, en dan Munster, te staan te kom.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie