Wenbrief van die week: Vriendelikheid vergoed vir verval

Vriendskap.
Foto ter illustrasie: Unsplash.

Na aanleiding van Keina Swart se onlangse rubriek oor hoe sy Nylstroom (Modimolle) beleef het: Ons is pas terug van ’n woonwavakansie by Wees Gerus en Lekkerrus naby die dorp.

Sy het die toestand van die dorp só goed beskryf. Die een kant van die hoof­straat, wat al maande uitgegrawe is, die stalletjies op die stoepe voor die afgeleefde winkels en meer.

Die algemene indruk van die dorp is een van verwaarlosing.

Ons was egter baie beïndruk deur die vriendelikheid van die inwoners van die dorp. In die winkels is ons baie goed behandel.

Dit was ook lekker om oral met die plaaslike inwoners te kon Afrikaans praat.

Die buurdorp, Naboomspruit, (Moogophong), lyk ook maar taamlik afgeleef.

Weer het die welwillendheid van die inwoners my opgeval.

Hoewel hierdie twee dorpe maar redelik verwaarloos lyk, het die inwoners met hul vriendelikheid dit vir ons as vakansiegangers ’n aangename ervaring gemaak om die twee dorpe te besoek.

  • Albert Heigers, Potchefstroom

Skryf aan Die Papier om deel te neem aan dié gesprek en vele ander:

lesers@diepapier.co.za


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie