Wenbrief van die week: Plaas klem op swak werk van staatslui

Korrupsie.
Foto ter illustrasie: Unsplash.

Meer klem moet beslis op die swak werkprestasie van onkundige kaderontplooiing van staatslui val.

Dissiplinêre sake word met opset en tot frustrasie van almal so kompleks moontlik voorgehou. Tegniese punte in beleid en prosedures word dae lank tot vervelens toe uitgerafel – wat afhandeling van die saak ontspoor. So beskerm kaders onbevoegdheid en die prosesse herhaal hulself.

Intussen ontspan onbevoegde aangeklaagde beamptes by die huis en kry salarisse, terwyl die hardwerkendes al die werk afhandel. Ná maande keer geskorstes terug en ontvang dan boonop bonusse en verhogings.

Die hardwerkende werkers raak gefrustreerd en verloor hul passie om te presteer.

’n Toksiese werkomgewing is die gevolg. Die afwesigheid­statistieke verhoog. En so volg krisisbestuur, swak besluitneming en swak dienslewering.

Navorsing het bewys dat die middelbestuurvlak nie oor die kundigheid beskik om werknemers tot hul volle potensiaal te ontwikkel nie.

Nog meer, om gevolgebestuur toe te pas. Werkgewers moet alle beleide en prosedures benut en die sabotasie van doeltreffende gevolgebestuur monitor om wanpraktyke bloot te lê.

  • Dr. Richard Harding, Sinoville

Skryf aan Die Papier om deel te neem aan dié gesprek en vele ander:

lesers@diepapier.co.za


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie