Die nuwe uitgawe van Die Papier is hier: Skoksyfers, rugbynuus en vele meer

Die Papier – 29 Mei 2026.
Die Papier – 29 Mei 2026.

Dis ’n rugbynaweek soos min. Drie SA spanne speel Saterdag in die VRK-kwarteindstryde, en maklik gaan dié wedstryde beslis nie wees nie. Kry al die inligting oor die Lions, Bulls en Stormers se kragmetings in die nuwe uitgawe van Die Papier.

Lees ook meer oor Die Papier Praat, ’n weeklikse YouTube-nuusprogram wat die jongste toevoeging is tot Die Papier-stal. Dié program word aangebied deur Daniëlla van Heerden, ’n voormalige nuusleser van eNuus op kykNET en Jana Swart, ’n gewilde sportaanbieder en -beïnvloeder wat jou die nuutste sportnuus sal bring. Dit word elke Donderdag om 19:00 uitgereik.

Die verkragting van jong kinders by kleuterskole, crèches en dagsorgsentrums het ná Covid verdriedubbel volgens die polisie se jongste misdaadsyfers. Ons stel ondersoek in en kyk na ander skoksyfers en tendense in hierdie verslag.

Die Papier is vanjaar ’n trotse mediavennoot van Akademia se Woordmeesters-taalkompetisie, in samewerking met die Virtuele Instituut vir Afrikaans. Lees meer oor die kompetisie in dié uitgawe, en kry ook voortaan jou taalwenke in toekomstige uitgawes.

’n Gautrein reis deur Centurion.
’n Gautrein reis deur Centurion. Foto: Lefty Shivambu, Gallo Images.

Ons berig oor Jhb se geldkrisis, die hittegolwe in Europa en gaan vind uit wat met die Gautrein se voorgenome app-pendeldiens gebeur.

Hoewel die landbousektor drie belangrike veldslae gewen het in die stryd teen bek-en-klouseer, is die oorlog nog lank nie verby nie. Só lyk die nuutste syfers en inligting.

In nóg sportnuus kan jy meer lees oor skolerugby se grootste tweestryde hierdie naweek, oor The Rugby Factory se top-20-rugbyskole redekawel en Hennie Koortzen se opinie lees oor wat met die Curriebeker-reeks moet gebeur.

Dít, en nog vele meer in die splinternuwe uitgawe van Die Papier.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie