syglyadder
(sy-gly-ad-der) s.nw., syglyadders. (ongewoon)
Adder wat met ’n tipiese sywaartse winding v.d. liggaam voortbeweeg, veral Namibadder:
Die syglyadder het ’n sydelingse spiraalbeweging, sodat net ’n klein deeltjie van sy lyf aan die warm sand raak, met die res ’n sentimeter of wat bokant (Huisg., 2 Apr. 1981, 55).
