Die WAT se woord van die week

Utopie.
Foto ter illustrasie: Unsplash.

utopie

(ook met ’n hl. Utopie) (u-to-pie) s.nw., utopieë. Ook soms utopia en selde ook utopië. (Ndl.)

Plek, samelewing of toestand wat ideaal of perfek is, waar of waarin die omstandighede baie gunstig of voorspoedig is en die mense baie gelukkig is en almal goed oor die weg kom; teenoor distopie: Dit is ’n mite dat privatisering ’n ekonomiese utopie sal teweegbring (Burg., 12 Jan. 1989, E). Met ons voorspoedmentaliteit bou ons aan ons utopieë, wêrelde waarin ’n mens gelukkig en sinvol sal kan lewe (J. Cilliers: Soeke, 2020, 36).


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie