urk
s.nw., urke. (geselstaal)
Onverfynde, ongure persoon met, tipies, ’n oneerbare, twyfelagtige karakter: Hy (die sanger) is ’n skobbejak, … ’n vuil uil, ’n urk, ’n gomtor en ’n skorriemorrie … Verlede week het hy weer ’n ou gemoker wat sy foto wou neem (Burg., 9 Nov. 1998, E). Hou op om jouself soos ’n … urk te gedra en gaan borsel jou tande (Wat Kyk Jy, 11 Okt. 2009, E). Die onnosele urke moet … dalk nie alles glo wat CNN rapporteer nie (Republikein, 19 Jan. 2018, E).
urk’agtig, urkag’tig b.nw.
