Kombucha: Kuur of gier?

Kimchi.
Kimchi. Foto: Unsplash.

Beslis ’n kuur, sê sjef Vickie de Beer. “Saam met kosse soos kimchi en suurkool speel gefermenteerde drankies soos kombucha ’n belangrike rol in dermgesondheid. Dit voed nie net die bakterieë nie, maar help ook om die voordelige bakterieë in die derm aan te vul.”

Die diagnose van tipe 1-diabetes by De Beer se agtjarige seun het hul gesin se lewe ingrypend verander.

De Beer, destyds kosredakteur van Rooi Rose en ’n opgeleide sjef, het haar skielik in ’n nuwe wêreld bevind: een van koolhidrate tel, elke porsie noukeurig afweeg en daaglikse insulieninspuitings.

Dié reis het met jarelange indiepte-navorsing haar uiteindelik na die belangrikheid van dermgesondheid gelei.

Sjef Vickie de Beer.
Sjef Vickie de Beer. Foto: Facebook.

“Kombucha is veral ryk aan polifenole uit tee, kragtige antioksidante wat oksidatiewe stres in die derm verminder, inflammasie help demp en ’n gunstige omgewing vir voordelige bakterieë ondersteun.”

LEES | Sjef Vickie de Beer sê: Dís hoekom dermgesondheid so belangrik is

De Beer glo ook hier – soos met al haar kookkuns – in tuisgemaak. “Tuisgemaakte kombucha se fermentasie is sterker en meer natuurlik, vry van skadelike bestanddele of bymiddels, en ryk aan lewende, voordelige bakterieë.

“Maar indien jy dit wil koop, maak seker dat die woorde ‘natuurlik gefermenteer’ op die verpakking verskyn. Dit behoort in die yskas gehou te word en geen bymiddels te bevat nie. Sodra gefermenteerde kosse gepasteuriseer is of asyn bevat, is die meeste van die natuurlike mikrobes reeds vernietig.”


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie