Ons elektroniese nuusbrief is hier – registreer nou om nie Vrydag se aflewering mis te loop nie

Die Papier-nuusbrief.

Die Papier se nuwe elektroniese nuusbrief, Net vir jou, is nou beskikbaar en die eerste uitgawe het reeds verlede week verskyn.

Dit is gratis en vinnig om te registreer om dit te kry. Doen dit nou, sodat dit Vrydagoggend in jou e-posse wag. Kom kuier saam met ’n vinnige oorsig oor van die hoogtepunte wat in Vrydag se koerant verskyn.

Daar is ook interessanthede soos die spotprent en ’n lesersfoto van die week – met ’n boekprys te wen. Meermale is daar ’n verrassing en kan jy ’n volledige artikel of rubriek kry wanneer jy deurklik, wat andersins net in die koerant verskyn.

Om te registreer vir die nuusbrief, gaan na die Die Papier se webwerf by www.diepapier.co.za. Volg die skakel heel onderaan die webwerf wat Nuusbrief aandui. Of gaan sommer direk daarheen by https://diepapier.co.za/nuusbrief-inskrywing/


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie